Skip to content Skip to footer

4de Sondag na Epifanie

Wagwoord

Daar sal mens uit die ooste en die weste kom, uit die noorde en die suide, en aansit by die feesmaal in die koninkryk van God.
– Lukas 13:29

Leesings

Sendbriewe – 2 Korintiërs 1: 1-8

Evangelies – Markus 4: 35-41

Lied van die week

Laudate 293 : Soek in jul waan ‘n ander baan na saligheid en lewe.

1. Soek in jul waan ‘n ander baan na saligheid en lewe. Ek daarenteen, ek sal alleen na heil in Christus strewe. Sy Woord het krag en het die mag om te oorkom die wat teen Hom in vyandskap wil lewe.
2. Wat soek jul tog na redders nog wat ons niks kan verwerf nie? Na Hom alleen wend ek my heen w nooit iets sal bederf nie. Hoe sou ons skoon voor God se troon ooit kan verskyn, as Gods Kneg rein vir ons nie het gesterf nie?
3. Ag laat tog staan jul dwase waan wat slegs kan lei tot skeiding. Hy is die Heer, geen ander meer, Hy skei alleen bevryding. Soek Hom altyd met harte wyd, soek Hom alleen want Hy verleen verkwikking en verblyding.
4. As Vreugdeson, geloof se Bron, het ek U uitverkore My aangesig op U gerig, volg, Jesus, ek u spore. Laat altyd, Heer, u Woord my leer dat liefde bloei, geloof sal groei, uit dankbaarheid gebore.
5. Heer, deur u Gees kom ek die vrees vir lyding gou te bowe. Staan U my by, wie sal vir my die vrede dan kan rowe. Help my, o God, dat ek my lot met blydskap dra en U hierna in ewigheid sal lowe.

Preek

Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus Amen.

Die Skriflesing vir die preek is die Evangelie wat ons as lesing gehoor het: Mark 4:35-41

Op daardie dag, toe dit aand geword het, sê Hy vir hulle: “Kom ons gaan na die oorkant!” Hulle het toe die skare agtergelaat en Hom saamgeneem, aangesien Hy reeds in die boot was. Daar was ook ander bote by Hom.  ‘n Hewige stormwind het opgekom, en die golwe het in die boot geslaan, sodat die boot reeds vol water begin word het. Hy self was egter agter in die boot op die kussing aan die slaap. Hulle maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?” Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Wees stil, bedaar!” Die wind het gaan lê, en daar het ‘n groot kalmte gekom. Hy vra hulle toe: “Waarom is julle bang? Het julle nog steeds nie geloof nie?” Hulle is met diep ontsag vervul en het vir mekaar gesê: “Wie is Hy tog dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?”

Liewe Vader in die hemel, U is by ons deur U Woord. Open ons harte vir U Woord. Amen.

Liewe susters en broers in Christus!
Partykeer lyk dit vir my asof die Here Jesus dinge laat gebeur sodat ons iets kan leer. Kom ons gaan saam met die dissipels na Jesus se leerskool! As ons iets by die dissipels wil leer uit die verhaal van die stilmaak van die storm, moet ons vra: Wat het die dissipels in hierdie geval verkeerd gedoen? Waarom word hulle so skerp deur Jesus aangespreek as Hy sê: “Het julle dan nog steeds nie geloof nie?”

Die dissipels was bang. Wie sou nie in so ‘n situasie bang wees nie? Wanneer gevaarlike stormwinde onverwags oor die vallei van die See van Galilea opkom, raak klein vissersbootijes regtig in nood. Die golwe het in die boot geslaan en die boot het reeds vol water begin raak. Die dissipels was in levensgevaar. As vissermanne, as ete kenners van die water, het hulle die gevaar reg beoordeel. En in hul angs en vrees het hulle eintlik iets heel verstandigs gedoen: hulle het vir Jesus wakker gemaak—wat op onverklaarbare wyse te midde van hierdie chaos kon slaap. Hulle het Hom om hulp geroep: “Meester, gee U nie om nie dat ons vergaan nie?”

Is dit nie die beste wat hulle kon doen: om die Seun van God om hulp te vra nie? So word dit mos as voorbeeld in Psalm 107 beskryf van mense wat op die see in nood beland het. Daar word dit so pragtig beskryf dat ek dit hier wil noem. ‘n Paar van die verse het ons alreeds in die Introitus gesing. So staan daar in Psalm 107 geskrywe:
“Die wat by die see in bote klim, hulle wat handel dryf op die groot waters, hulle het self die dade van die Here beleef, sy wonders op die diepwater. Hy het gepraat en ‘n stormwind laat opsteek; dit het die see se golwe laat uittroon. Hulle het opgepys na die hemel, afgesak na die dieptes; in die ramp het hulle moed hulle begewe. Hulle het rondgeslinger, en gesteier soos ‘n dronk mens; al hulle verruq’was waardeloos. Toe het hulle in hulle nood na die Here om hulp geroep; uit hulle benoudheid het Hy hulle uitgelei. Hy het die storm stil gemaak en die golwe het bedaar. Hulle was bly toe die golwe kalm word. Hy het hulle gelei na die hawe waarna hulle verlang het. Hulle moet die Here prys vir sy troue liefde, vir sy wonders aan mensekinders.” (Ps 107:23-31)

Prestes so het dit mos ook met die dissipels gebeur!
Maar wat was dan die fout van die dissipels, waar was hul ongeloof? Let mooi op wat die dissipels uitgeroep het: “Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?” Hulle het dit dus vir moontlik gehou dat Jesus nie vir hul lot omgee nie, dat Hy hulle aan hul eie nood oorlaat! Hier sien ons ‘n gevaarlike wortel van ongeloof—die houding: God het blykbaar van my vergeet en Hy laat my in gevaar alleen!

Maar die ongeloof van die dissipels blyk ook verder ook uit die woord “vergaan”. Hulle het gesë: “Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?” In ‘n ander vertaling staan daar: “Gee U nie om dat ons verlore gaan nie?” Waarom het hulle nie eenvoudig gesë: “Gee U nie om dat ons _besig is om te sink, dat ons sterf” nie? Dan sou hulle immers baie rustiger kon wees. Selfs al het God besluit dat hulle in daardie uur moes sterf, moes hulle geweet het dat wind en golwe niks aan hulle siele kon doen nie, want siele kan nie deur uiterlike levensgevaar vernietig word nie. Dit het Jesus dikwels vir hulle probeer verduidelijk, byvoorbeeld met sy woorde:
“Moenie diegene vrees wat die liggaam kan doodmaak, maar _die stel nie kan doodmaak nie. Wees eerder bang vir Hom wat beide die stel en die liggaam in die hel kan laat vergaan” (Matt. 10:28). Die liggaam moet vroeër of later in elk geval sterf, en God het reeds die regte tyd daarvoor oor elke mens bepaal. “Wie van julle kan deur hom te bekommer, een el by se lewe voeg?” het Jesus gesê (Matt. 6:27). Maar baie erger as die onvermydelike dood van die liggaam, is dit as die stel verlore gaan. Dit is eter iets wat God glad nie wil hê nie, en Hy het belowe: Almal wat in Jesus glo, sal vir ewig lewe; hul stele sal dus nooit vergaan of verlore gaan nie!

Ons leer dus in Jesus se dissipelskool: Die dood van die liggaam behoort nie ons grootste vrees te wees nie—dit is onafwendbaar, maar dit kan ons nie van God en die ewige lewe skei nie. Wat vir ons die belangrikste behoort te wees, is dat ons siele nie verlore gaan nie.

“Soek eers die koninkyk van God en sy geregtigheid” het Jesus daarom gemaan, “en al hierdie dinge, wat vir die voorbestaan van die liggaam nodig is, sal vir julle bygevoeg word.” (Mt 6.33)

Verstaan julle waaroor dit gaan? Begryp julle wat Jesus sy volgelinge in sy dissipelskool wil leer? Wanneer liggaam en lewe bedreig word, al voel dit hoe erg, is daar geen werklike gevaar nie, want die Vader hou alles in sy hand—wind en golwe, dood en lewe. Soos Hy dit bestier, is dit reg. Maar waar die saligheid van die siel in gevaar is, waar mense hul geloof en die ewige seën dreig om te verloor, dán moet die hoogste alarmklokke onder die dissipels van Jesus begin lui! Dán moet ons Jesus en ons hemelse Vader daagliks smeek en aanhou bid dat Hy ons nie verlore sal laat gaan nie.

Liewe broers en susters in Christus, ons sit saam in die boot van hierdie wëreld. Stormwinde dreig van alle kante, die golwe slaan hoog en stort in die boot, sodat dit dreig om te sink. Met ander woorde: Ons ervaar sickte en lyding, ons hoor van moord en geweld en dalk moes ons dit al beleef. Ons hoor van drakoniese landswette, ons hoor van landonteieningssondervergoeding. Ons hoor van hittegolwe en vloede wat al erger word. En dalk is daar in jou persoonlike lewe nog ‘n paar golwe wat dreig om jou onder te kry: Die take by die skool, die werkslading, onenigheid ens. Die dinge maak ons bang.

Wat doen ons in die boot, ons wat onsself dissipels van Jesus noem—wat doen ons as Christene? Stem ons saam in die klaaglied van die wëreld? Laat ons onsself deur die vrees en die negativiteit oorweldig? Behoort hierdie dinge die hoofonderwerp van ons gesprekke by die kerk te wees? Moet ons sè: “Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?”

Beslis nie! Want Hy vir wie die wind en die golwe geluister het, vir Hom sal ook vloede en die hittegolwe gehoorsaam wees. Sonder sy wete en sonder sy instemming sal ook die bose dinge van die lewe ons nie kan trakteer nie.

En dat die Here ons telkemale weer uit gevare red, dit het Hy nie net destyds aan die dissipels bewijs me, maar Hy bewijs dit ook daagliks aan ons. Christus hoef net een woord te spreek, en die magte wat ons lewe bedreig, moet Hom gehoorsaam. Het jy dit nie ook al telkemale in jou lewe gesien en bely: “Daar het die Here my gered!”?

Maar selfs as Hy toelaat dat ons deur sickte en uiterlike nood geraak word, ja, selfs as ons moet stert, weet ons dat ons siele onaangeraak sal bly. Daarom kan ons te midde van ‘n gebroke wëreld vrolik en met vertroue die lied sing: “Dream die onweerswolke, sidder al die volke, ons sal veilig wees.”

Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie: Ons moenie die noodlot uitdaag onrede ons aardse lewe mos nie soveel werd is nie. Ons hoef nie sickte en lyding en ons aardse oorlewing minag nie. Dis beslis goed as ons vir vrede en geregtigheid en die welsyn van alle mense ons beywer, en ons moet ook in hierdie sake Jesus om hulp vra. God het aan elkeen van ons ‘n sekere mate van verantwoordelijkheid gegee; ons mag Hom nie deur onverskilligheid en ligsinnigheid uitdaag nie.

Maar ons moet ons nie oor hierdie dinge bekommer nie, en ons moet ook nie dink dat hierdie sake vir ons die grootste gevare inhou nie. Want dan sien ons maklik die werklike gevaar vir die mense van hierdie wëreld mis—die gevaar om die geloof en die ewige saligheid van die siel te verloor.

‘n Mens wat in vrede en veiligheid sterf, maar sonder geloof, is slegter daaraan toe as iemand wat pynlik verdrink of in ‘n aanval omkom, maar wie se lewe met God in orde is.

Wat die saligheid van mense se siele betref, sien ek nog ‘n ander boot in my geestesoog. In hierdie boot slaap nie Jesus nie—hier slaap die dissipels, die Christene, ek en jy. Miskien loer die een of die ander een soms nog deur die oog, sien die dreigende situasie en dink: “Dit kan gevaarlik word.” Maar kort voor lank raak hy weer aan die slaap.

Die wind van goddeloosheid en onverskilligheid waai, en die golwe van die tydsgees spoel oor die boot. Die geloof neem by baie mense af, en die liefde word minder. Mense bly weg van God se Woord en sy sakrament, hulle word nalatig in hul gebedslewe. Die sorge en rykdom van die wëreld keer hulle om gereeld vir hul siele om te gee. Die fiksheids-tempels is tot oorlopens toe vol, maar baie mense vergeet om ook hulle siele fiks te hou.

Sommige medegelowiges së regult: “Hierdie of daardie uitspraak van die Bybel geld nie meer vir my nie—dit is uitgedien, almal sien dit nou anders.” Asof ‘n fout reg sou word net omdat almal of die meerderheid dit doen!

Sulke gedagtes is gevaarlik, want dit is niks anders as ‘n stem van wantroue teen die lewende God en sy Woord nie.

Maar wat kan ons dan doen?
Liewe dissipels van Jesus Christus, laat ons ons Meester by die skouer skud en tot Hom uitroep: “Meester, gee U nie om dat ons verlore gaan nie?” Laat ons nie moeg word om te bid nie! Bid daagliks vir die siele wat dreig om verlore te gaan—vir kinders en kleinkinders, vir bure en kollegas, vir peetkinders en vriende! Vir gemeentelede!

En dan moet ons nóg iets vir Hom vra: dat Hy by ons self, by elkeen van ons begin om die storm van die duivel stop te sit wat ons siele in die verderf wil dryf.
“Here, wys my U pad! Laat my nie verlore gaan nie! Wys my wat vir my stel se redding noodsaaklik is!”

En dan moet ons bereid as Hy aan ons begin werk. Dit sal baie konkrete stappe behels—miskien dat jy weer begin om daagliks die Bybel te lees en intensief te bid. Of dat jy bepaalde gewoontes los wat vir jou siel se gesondheid skadelik is. Of dat jy dalk begin nadink oor hoe jy ander uit die gevaar vir hul siele kan help red—’n gevaar waarvan hulle dikwels self nie bewus is nie.

Hierdie is ’n taak wat nie soveel teologiese kennis vereis nie, maar veral baie liefde, baie geduld en baie geloofsvertroue. En die bereidskap om jou geloof te bely. As die Here dit vir jou gee om selfs net een enkele mens na Jesus te lei, het jy reeds baie bereik.

Miskien dink julle nou: Sjoe, dit is moeilike gedagtes en harde woorde; waar bly die troos?
Ek vra op my beurt: Watter troos verwag julle dan? Moet ek sé dat alles reg is in ons lewe? Dat die gevare vir die liggaam en veral vir die siel nie so erg is soos dit lyk nie?

Ons vind troos siegs as ons op Jesus fokus. Ja, laat ons na Jesus kyk en raaksien: Toe Hy saam met sy dissipels in die boot was, het Hy op die regte oomblik wakker geword en die storm stilgemaak. Bo alles het Hy sy dissipels geleer om te vertrou. Net so mag ons ook vandag volkome vertrou—nie net dat Hy ons in sommige gevare sal beskerm en red nie, maar bowenal dat ons deur sy liefde nuwe mense sal word.

In die doop het Hy ons sy dissipels gemaak, net soos Hy die eerste dissipels geroep het. Hy het aan ons siele die ewige lewe belowe. En Hy neem ons in sy skool, sodat ons geloof sterk kan word—sodat ons self salig kan word en deur ons getuienis ander op die pad na saligheid kan help.

Jesus neem ons, soos sy dissipels destyds, in sy dissipel-skool en vra ons telkens weer: “Het julle nog steeds geen geloof nie?” Hy doen dit sodat ons deur daaglikse bekering ál meer vertroue kan leer.

Is dit nie troos nie? Is dit nie genade om in sy skool te mag wees nie? En wanneer Hy ons toerus en verander, sal ons die ewige lewe so duidelijk voor ons sien dat die storms van uiterlike nood en bedreiging ons skaars meer sal laat skrik.

Elf van die twaalf eerste dissipels het dit geleer: Dit word oorvertel dat hulle deur groot verdrukking hulle geloof bewaar en bely het—baie van hulle selfs tot in die marteldood.

Ons leer: Die ware genade is nie dat God ons van elke nood en elke lyding bewaar nie, maar dat Hy deur sy Seun Jesus Christus in nood en lyding by ons is en ons in die geloof toerus vir die ewige lewe. Amen.

Gebed: Here, U is by ons in die storms van die lewe. U Woord kan elke storm van ons lewe stilmaak. Help ons om te vertrou dat om U te ken meer is as al die dinge van die wêreld, omdat U ons redding en verlossing is. Amen.

En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan bewaar julle harte en sinne in Christus Jesus. Amen

Ons help graag!

Skakels
Adres

Pretoria —
844 Arcadia Straat
Arcadia, 0007

Evangelies Lutherse St.Paulusgemeente © 2025. Alle Regte Voorbehou.