Skip to content Skip to footer
cross3
Hartlik welkom

Ons gemeente nooi u uit!

Die St. Paulusgemeente behoort tot die Vrye Evangelies-Lutherse Sinode in Suid-Afrika (FELSISA), ‘n kerkverband wat sy oorsprong in die erfenis van die Reformasie van Dr. Martin Luther het. Ons bely die Heilige Skrif van die Ou en Nuwe Testament as God se openbaring en betroubare Woord aan ons mense. Ons leef as Christene uit die genade waarmee God deur Jesus Christus die mensdom tegemoet kom. By ons geld die Lutherse belydenisse as bindend, want hulle gee die historiese Christelike leer getrou aan die Bybel weer.

Soli Deo gloria

Ons Eredienste

U is altyd welkom om saam met ons in die teenwoordigheid van ons Here en Verlosser, Jesus Christus, te tree en van Hom genade in oorvloed te ontvang.

12
Apr, 2026

Quasimodogeniti

Pretoria April 12, 2026 09:00
Die Wedergeboorte
19
Apr, 2026

Misericordias Domini

Pretoria April 19, 2026 09:00
Die Goeie Herder
26
Apr, 2026

Jubilate

Pretoria April 26, 2026 09:00
Die Nuwe Skepping
03
May, 2026

Kantate

Pretoria May 3, 2026 09:00
Die Singende Gemeente
wagwoord vir die jaar 2026

Toe sê Hy wat op die troon sit: "Kyk, Ek maak alles nuut."

Openbaring 21:5

kruis

Ons het die liefde van Christus ontvang, Sy sorg, Sy lewe, en dit wil ons leef, deel en gee.

Ons Missie & Visie

Wie ons wil wees

Ons wil ‘n sorgsame kerk wees, deur Christus se liefde in die harte, gedagtes en behoeftes van die gemeenskap in te gaan. Ons wil nie die Evangelie van Christus verander of aanpas om dit by die gemeenskap en die tye waarin ons leef te laat pas nie. In plaas daarvan wil ons met hierdie Evangelie na die gemeenskap uitgaan om ‘n verskil te maak, te verander, lewens aan te raak, uit te reik en die gemeenskap in te nooi – hulle met ope arms en oop hande te verwelkom.

Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot die voleinding van die wêreld. – Matteus 28:19-20

Sola Scriptura

Vorige Eredienste

‘n Geleentheid waar ons saam in die teenwoordigheid van ons Here en Verlosser, Jesus Christus, gekom het om Sy Woord te hoor en Sy genade in oorvloed te ontvang. Lees die preek of kyk die YouTube-uitsending

ONS NUUTSTE BLOG

Nuus en Atrikels