14 Julie, het ons die eerste groot groep Afrikaanssprekende tieners gehad wat bevestig is in die geloof.Saterdag het hulle net so hard gewerk om al die tafels op te stel, soos die ouers en familie wat kos gemaak het en blomme gerangskik het.
Na die voorstelling van die vorige week, waar die senuwees goed geknaag het om als te onthou en verse op te sê, was hulle en hul ouers ewe verlig dat dit agter die blad is. Die dag is saam met familie, oumas, oupas, pleetouers en vriende gevier. Tydens die erediens in die preek, is die goeie en raakvat analogie tussen vandag se tegnologiese gebruike en afhanklikheid en die Christelike gebruike gedoen is , hoe ons elke dag moet gereeld Bybel lees en bid, net soos ons Whatsapp gebruik om te gesels ens.
Dankie aan ieder en elk wat gehelp het en bygedra het om die dag met vreugde te vul. Aan die vrouens en mans wat hard gewerk het in die kombuis.

Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! En dit is ons ook. – Joh 3:1
Leah-Mé Botha
Stry die goeie stryd van die geloof; gryp die ewige lewe aan, waartoe jy geroep is en waarvan jy die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het. – 1 Tim 6:12
Reinhart Brummelkamp
As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels, en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak. – Joh. 8:31+32
Alexander Brummelkamp
Moenie bang wees nie, want Ek is by jou; moenie vrees nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou; ook help Ek en ondersteun Ek jou met my seëvierende regterhand. – Jes. 41:10
Matthew Dubery
Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal beslis nie in die duisternis leef nie, maar sal die lig van die lewe hê. – Joh. 8:12
Walter Du Bois
