Skip to content Skip to footer

Mini-Golf Mania

Op 15 September het ons tiener en kinder groep saam putt-putt gespeel. Meetkunde, hoeke en strategieë is bespreek en bepaal – met watter hoek en spoed die bal oor die baan moet beweeg. So, op ‘n baie warm, Sondag middag is die stryd aangepak, om te kyk wie kan dalk net ‘n “hole in one” kry en wie die beste punte kan kry. Liesel het ons bietjie daar verras met haar goeie spel en sommer 3 “hole in one” na mekaar gekry. Die tieners sal nog moet oefen – want die ouers het hulle nog bietjie ore aangesit. Weereens ‘n lekker kuier ingewerk na die tyd en bietjie afgekoel met ‘n koeldrank of melkskommel.

Ons help graag!

Skakels
Adres

Pretoria —
844 Arcadia Straat
Arcadia, 0007

Evangelies Lutherse St.Paulusgemeente © 2025. Alle Regte Voorbehou.