Die tieners is getrakteer met ‘n kuier by die dam. Die weer het saam gespeel – en was ‘n heerlike, ideale dag vir braai en swem. Hulle kon in die middel van die dam swem (onder bewaking en met veiligheidsbaadjies aan) – op die „tubes“ rondgesleep word.
Dié wat nie vir die dam kans gesien het – het die swembad geniet. Daar is lekker saam gebraai en gekuier. Paar beserings opgedoen, Lego blokkies en ander voorwerpe is gevind, en hiasinte is sommer geskil en bekyk – en uitgevind hulle lyk soos klein sponsies binne in.
Weereens dankie aan Ralph en sy vriend vir al die moeite om dit aangenaam te maak vir die kinders.