Wagwoord
God het die wet deur Moses gegee; die Genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.
– Johannes 1:17
Leesings
Sendbriewe – 1 Korintiërs 2: 1-10
Evangelies – Johannes 2: 1-11
Lied van die week
Laudate 322 : By kruis en lyding vind ons verblyding
- By kruis en lyding vind ons verblyding, Here, voor u aangesig. Hemelse gawe wat troos en lawe, kom van U; ons Heil en Lig. U red uit skande en breek die bande; wie U vertrou het, op rots gebou het, hy sal nie gly nie. Halleluja! Ons siel en harte verlang met smarte U aan te klewe in dood en lewe; niks sal ons skei nie. Halleluja!
- Deur u genade doen ons geen skade duiwel, wêreld, sond of dood; vir angs en sorge is ons geborge, Heiland, in u liefde-skoot. Daarom, O Here; bring ons U ere, roem ons u deugde, ly ons vol vreugde in hierdie stonde. Halleluja! Met jubelpsalme en vreugdegalme prys ons en lowe U mag daarbowe met hart en monde. Halleluja!
Preek
Romeine 12:9-16
Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld. Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here. Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed. Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid. Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie. Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur. Wees eensgesind onder mekaar. Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges. Moenie eiewys wees nie.