Skip to content Skip to footer

3de Advent

Wagwoord

Maak die pad van die Here gereed; Kyk, my Here, die Heer – met krag kom Hy!
– Jesaja 40:3

 

Leesings

Sendbriewe – 1 Korintiërs 4: 1-5

Evangelies –  Lukas 1: 67-79

Lied van die week

Laudate 8: Berei, berei jul harte, o mensdom

  1. Berei, berei jul harte, o mensdom, vredeloos: Hy kom, wat vir jul smarte verlossing bring en troos. Hy kom met heil van bo, met nuwe lewenskragte, met lig in donker nagte vir die wat in Hom glo.

  2. Die Heiland is aan’t kome; berei vir Hom die weg oor berg en dal en strome. Kom, maak sy paaie reg. Hou alles klaar vir Hom; geen slote mag Hom hinder, geen bult sy spoed verminder, as Hy na ons toe kom.
  3. ‘n Hart sag en ootmoedig sien God goed-gunstig aan; ‘n hart trots en hoogmoedig sal eens met angs vergaan; ‘n hart opreg en skoon wat deur sy Gees gelei is en aan sy diens gewy is, daarin kan Jesus woon.

Preek

Genade en vrede van Hom wat is, wat was en wat kom, ons Here en Verlosser, Jesus Christus. Amen.

Die Skriflesing vir die preek kom uit Lk 3:1-14.18 :

In die vyftiende regeringsjaar van keiser Tiberius was Pontius Pilatus prokurator van Judea. Herodes was tetrarg van Galilea, en Filippus, sy broer, was tetrarg van Iturea en Tragonitis, en Lisanias was tetrarg van Abilene. In die tyd toe Annas en Kajafas die hoëpriesters was, het daar in die woestyn ’n woord van God na Johannes, seun van Sagaria, gekom. Hierna het hy in die hele omgewing van die Jordana rondbeweeg en ’n doop van bekering met die oog op die vergewing van sondes verkondig, soos daar geskryf staan in die boekrol met die woorde van die profect Jesaja: “’n Stem van iemand wat roep in die woestyn, ‘Maak die pad vir die Here gereed, maak sy paaie regult! Elke kloof sal opgevul en elke berg en heuwel sal platgemaak word. Maak die krom paaie regult, en die hobbehrige paaie gelyk! Dan sal alle mense sien hoe God verlossing bring.’ ”Vir die skare wat in groot getalle na Johannes gestroom het om deur hom gedoop te word, het hy gesê: “Addergeslag, wie het julle wyggemaak dat julle aan die dreigende oordeel kan ontkom? Dra liewer vrugte wat by die bekering pas. Moenie vir julleself begin sê, ‘Ons het Abraham as voorvader’ nie, want ek sê vir julle, God kan uit hierdie klippe kinders vir Abraham verwek. Die byl lê reeds teen die wortel van die borne. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.” Die skare vra hom toe: “Wat moet ons dan doen?” En hy het hulle geantwoord: “Wie twee kledingstukke het, moet dit deel met iemand wat niks het nie, en wie kos het, moet dieselfde doen.” Daar het ook tollenaars gekom om gedoop te word, en hulle het hom gevra: “Meester, wat moet ons doen?” Hy het hulle geantwoord: “Moenie meer invorder as wat vir julle voorgeskryf is nie.” Ook soldate het hom gevra: “En ons, wat moet ons doen?” Vir hulle het hy gesê: “Moenie geld van mense afpers nie, en moet hulle nie vals aankla nie, maar wees tevrede met julle lone.” Johannes het die volk ook oor baie ander dinge vermaan, en die goeie boodskap aan hulle verkondig.

Gebed: Ag kom na my toe Here in hierdie heilge tyd en maak my uit genade, Heer Jesus, self bereid. Kom binne, liefste Heer, en maak in my u woning. Dan sal ek U, my Koning, met hart en lippe eer.

Liewe broers en susters in Christus Jesus!

in die bybel ontmoet ons ’n hele klompie seldsame persone. Maar hierdie Johannes, oor wie ons vandag gaan praat, is seker die seldsaamste van almal. Hy dra ’n mantel van kameelhare, met ’n leerband om sy heupe, en hy het van sprinkane en veldheuning gelewe. Maar dit wat hom so opvallend maak is sy preke: Onder die ope hemel, aan die oewer van die Jordaanrivier het hy sinne, woorde en opmerkings laat val, wat menigte ordentlikemens op die tone getrap het. Daarom was daar heftige diskussies oor sy preke. Uiteindelijk was daar iets aan die gebeur! En om dit te belewe het mense in groot getalle na die Jordaanrivier toe gestroom. Ook diegene wat getwyfel het, het gekom – wie weet, dalk het die snaakse Johannes tog reg gehad! Wat kan dit skaad om jouself in die Jordaan te was?

Johannes het dan nie eens gehuiwer om vir koning Herodes en sy vrou te vertel, wat God oor die totstandkoming van hul huwelik gedink het en al hul booshede.

Maar omdat Herodes nie van vryheid van spraak en kritiek gehou het nie, het hy Johannes laat gevange neem en hom later vermoor.

Vandag hoor ons ’n preek van hierdie Johannes die Doper. Dis nie moontlik om in hierdie paar minute alles te sé, wat in die preek opgesluit lê nie. Maar ons wil probeer om ten minste ’n paar hoofgedagtes uit te lig.

1. In die eerste plek is dit opvallend, hoe Johannes die mense aanspreek, amper beledigend!

Vir die skare wat in groot getalle na Johannes gestroom het om deur hom gedoop te word, het hy gesê: “Addergeslag, wie het julle wyggemaak dat julle aan die dreigende oordeel kan ontkom? (V. 7)

Die mense kom in groot getalle na die Jordaan, hulle is bereid om die wind en die weer te trotseer en dan word hulle so deur Johannes afgeranse!: _Addergeslag! Slange! Moes Johannes nie eerder bly wees as ten minste ’n paar mense na sy preke luister nie? Daardie mense wil ten minste iets van hom, hulle stel ten minste belang. Hulle kom, om na hom te luister!

Maar juis dit maak, dat Johannes verdag skep. Hy vrees dat hierdie mense van bekering praat, sonder dat hulle besef wat dit beteken, sonder enige geestelike diepte: Hy vrees, die mense dink soos volg: As ons na Johannes toe gaan en na sy preke luister en onsself in die water van die Jordaan laat onderdompel, dan is alles reg, dan is ons gered, dan is ons saak met God reg; dan is ons vry van God se toorn.

  • Ja, die mense destyds het nog iets geweet van God se toorn, het nog geweet, dat die lewende God eenkeer sal terugkeer om te oordeel.

Maar Johannes weet: Dis nie hoe dit werk nie. God vra meer as dit. Hy vra omkeer, berou oor ons sondes, ’n nuwe begin. Hy wil sien, dat ons ons lewe volgens God se gebooie uitrig, dat ons nie sondags in die kerk sit, maar in die week soos heidene lewe nie! En om dit vir die mense destyds en vir ons vandag duidelik te maak, om ons geestelik wakker te maak, begin Johannes sy preek ’n bietjie anders.

In plaas van om te sé: “Liewe vriende! Of Liewe gemeente!” Soos mens sou verwag, begin hy met die woorde: Julle addergeslag! Julie slange! En sy luisteraars het presies geweet, wat hy daarmee bedoel: “Julle satanskinders, julle huigelaars, julle wat so graag God se kinders wil wees, maar tog heeltemd anders as God se kinders lewe.”

“Wie het julle wyggemaak dat julle aan die dreigende oordeel kan ontkom” (V 7) Julie wil so graag sondes bieg. Niks daarmee verkeerd nie. Julie wil gedoop word. Niks daarmee verkeerd nie. Maar bring julle nou ook julle lewe in orde? Lewe dan ook soos mense wat aan God behoort, verander verkeerde gewoontes, slaan ’n nuwe bladjie om.

Begin om weer met God te lewe, met Hom te praat in die gebed. Besoek die Erediens, selfs al is jy die engiste een in jou familie … selfs al is daar so baie ander dinge, wat vir jou belangriker interessanter lyk. Sê as iets jou pla en jou vererg, maar wees ook geduldig met jou medemens, want jy is g’n duit beter as hulle nie. Maak vrede ondermekaar. …

Die bybel noem dit die vrugte van die Gees, vrugte wat bews dat julle bekeer is.

Dalk is die manier wat Johannes gebruik nie baie opbouend nie. Maar Johannes praat hier in opdrag van God. Hy preek nie vir sy eie eer en aansien nie, of om vir ’n goeie doel geld in te samel nie, hy is nie gepla oor die gevoelens van mense nie. Hy verkondig die komende Christus. Die Here, wat ook ons regter sal wees.

Maar dan lees ons ook: “Johannes het die volk ook oor baie ander dinge vermaan, en die goeie boodskap aan hulle verkondig.” (V. 18) Hy wil nie mense bang maak nie, sy doel is om mense te red, verlossing, dis sy uiteindelike doel!

2. Maar met wie praat Johannes hier so duidelijk? Antwoord: Almal, wat Abraham se kinders wil wees. Abraham se kinders, liewe gemeente, is nie noodwendig slegs die liggaamlike nageslag van Abraham, Jode en Israelite nie. “Abraham se kinders” is ‘n vasstaande bybelse begrip.

Dis mense, wat begin om die God van die bybel te vertrou en in Hom te glo. Dis mense wat hulle lewe geheel en al op die drie-enige God uitrig. Wat niks anders begeer as om aan hierdie God te behoort en Hom te dien. Dis die kinders van Abraham: Mense, wat hulleself deur Christus laat red. En sulke mense is ons mos ook.

Ja, God het ook in jou doop hierdie wonderwerk laat gebeur. Hy het vir Homself kinders uit klippe verwek, Hy het uit mense wat op hul eie glad nie in God kan glo nie, mense gemaak, wat hul vertroue op Jesus plaas, die Heiland, aan wie hulle nou behoort.

Daarom herinner Johannes ons nou daaraan, dat ons besoek te wagte kan wees; belangrike, vooraanstaande besoek, herinner ons, dat ons nou midde in die tyd van Advent lewe. Advent beteken aankoms, ’n tyd van verwagting. Ons verwag belangrike besoek. In dit het die bybel vir ons laat weet: Ons Here kom.

Wat maak ons as kuiermense kom? Ons berei ons voor op so ’n besoek. Ons laat nie Gods water oor Gods akker loop nie. Die gas behoort mos te besef, dat hy welkom is, dat ons hom verwag het. Wat maak jy as kuiermense kom? Ja, die huis word mooi reggemaak. Die skottelgoed gewas, die beddens met nuwe lakens oorgetrek, sodat die gas in ’n vars, skoon bed kan slaap. Die badkamer word aan kant gemaak. Ons oorweeg wat ons vir middagete of aandete op die tafel gaan sit. Die besocker sal dit besef.

En daarom wil ons ook nou alles doen om onsself op Jesus se koms voor te berei. En hoe doen ons dit? Johannes së: “Beker julle! Maak die krom paaie regult en die hobbelrige paaie gelyk.” (V 5)

As jy ’n krom pad stap, ’n ruwe pad, dan moet die pad reguit en gelyk gemaak word. As jy oneerlik is in jou besigheid, dan moet jy omkeer, eerlik wees, nie meer vra as wat reg is nie. As jy jou eggenoot bedrieg moet jy omkeer, regmaak. Om ’n regult pad te stap, beteken ook om God se gebooie te volg, daarvolgens te lewe: in ons families, hier in ons gemeente, in ons hele samenleving, waar al minder mense weet, hoekom ons Advent vier.

Maar bekering beteken nie bloot om te besef, dat ek iets verkeerds gedoen het nie, maar ook die wil om die saak – sovër moontlik – reg te stel. Bekering is opreg, as dit uitmond in ’n gebed, in ’n hulpkreet teenoor God en in ’n praktiese daad, wat mens nie uitstel nie, maar dadelik uitvoer, om dalk jou naaste om verskoning te vra, as jy teenoor hom skuldig geword het.

3. Johannes gee ’n paar konkrete antwoorde.

Die mense het na Johannes se preek ook nie sommer huis toe gegaan nie. Inteendeel: Hulle vra Johannes: Wat moet ons dan doen? (V. 10) Vertel vir ons, wat ons nou te doen staan?

En toe het Johannes vir hulle dinge vertel, wat hulle dadelik kon doen. Dis baie praktiese raad. Die drie antwoorde wat hy vir die mense gee, het eger elke keer met “geld en besittings” te doen. Selfs diegene, wat nie veel besit nie, moet van dit, wat hulle wel besit, aan die armes afgee, wat nog minder het: van twee hemde kan jy een afgee. En wie kos het moet dieselfde doen. So wys Johannes ook vir ons, hoe ons verhouding met God, met Christus, ook ‘n uitwerking het op die manier hoe ons met geld en ons besittings omgaan.

As ek besef, wat God alreeds in die verlede vir my en my lewe gedoen het, hoe Hy my versorg het; as ek besef, dat die vraag, hoe ek in God se oordeel sal bestaan, die belangrikste vraag van my lewe is; ja, as die ontmoeting met Christus in die heilige nagmaal die middelpunt van my lewe as Christen is, dan is dit mos duidelijk, dat geld en besittings nie die eerste plek in my lewe mag inneem nie, dat ek my hart nie daaraan mag verloor nie.

Nee, Johannes sê nie vir ons, dat ons al ons besittings moet verkoop nie en soos bedelaars moet lewe nie. Hy het ook nie vir die tollenaars en vir die soldate gesê, om hul beroep te laat vaar nie. Maar as jy met Christus lewe, as jy met sy wederkoms reken, dan word al die ander dinge in die regte perspektief geplaas, dan sal ek ook met ‘n blye hart afgee en deel – ook met diegene wat dalk ‘n ander velkleur het as ek self.

Maak oop jou oë, dalk is daar iemand wat geen warm klere of kouse het nie. Het jy nie twee of vier of ses truie nie? Is dit teveel gevra om een daarvan af te gee? Dalk ken jy iemand wat honger ly. Deel met hom, as jy kan. Mense is nie altyd honger na brood nie, hulle honger na liefde, na geborgendheid, na aanvaarding. Skenk aan hulle ‘n bietjie van jou kosbare tyd! Dalk is daar mense vir wie jy verantwoording dra, moenie hulle vir jou eie voordeel uitbuit nie. Dit is ‘n goeie idee van gemeentelede wat bybels koop om vir die siekes in die hospitale te gee wat dit nie kan bekostig nie.

Johannes sou seker baie sosiaal-maatskaplike programme kon opstel. Hy kon gesê het, hoe moeilik die omstandighede, hoe sleg die regering, die hoog die belasting is. Hy kon.

Maar instede daarvan sê hy: Doen dit wat bimæ jou moontlikhede lê en wat God van jou verwag. Moenie wag nie, moenie uitstel nie. Die omstandighede is soos hulle is – in die samelewing, in die familie, in die gemeente, in die kerk: maar dis geen verskoning om niks te doen nie.

Dalk is daar ’n brief wat jy nog nie beantwoord het nie of wat jy dalk behoort skryf aan iemand wat dit nodig het. Dalk is dit voorbidding vir jou peetkind. Dalk is dit iemand vir wie jy wou kuier, ’n belangrike gesprek, wat jy gedurig van jou wegstoot. Dalk is daar iets wat iemand van jou gevra het. Dalk het jy al so lank gelede nie meer nagmaal toe gekom nie. Dalk is daar iets wat jy geleen het, nie teruggebring nie, ’n belofte nie nagekom nie. – Iets het tussenbeide gekom. Daarom, doen dit nou, want wie weet, wie möre kan kom: dalk die Here Jesus.

_“Elke kloof sal opgevul en elke berg en heuwel sal platgemaak word.” (V 5)Wat het soos ’n berg in jou lewe opgehoop? Dalk die vrees en die sorge oor die toekoms. Dalk is dit pornografie, sosiale media of ’n ander verslawing, wat soos ’n berg in jou lewe staan. Dalk is daar slegte gewoontes, wat deel van jou levenstyl geword het: skinder, ondankbaarheid, klaery oor onderwysers, pastore, medechristene. Hoe kan jy God ontmoet as hierdie dinge soos ’n berg in jou lewe staan?

**4. Maar Christus kom. Johannes vertel ons van die Een, wat sterk is. Hy wat met vuur doop, Hy wat kom om te oordeel. En toe kom God se Seun inderdaad. En die wonderwerk gebeur: Jesus kom nie met die byl om te veroordeel nie. Hy slaan die sondaar nie inmekaar nie. Nee, Hy het weer met Johannes se preek begin en gesê: Keer terug. Bekeer julle. Keer terug na My en lewe volgens my Woorde.

Liewe gemeente! Jesus het ons sondeskuld gedra, sodat ons nie verlore gaan nie. Wat ons nou nog mag belewe, is die wonderlike tyd van genade. God roep jou. Hy nooi jou uit. God vertroos die treuriges en Hy help die swakkes. God gee jou nuwe moed. Hy skenk jou krag. Hy skenk genesing. Hy laat jou van voor begin, altyd weer. Hy skenk aan jou vergifnis van sondes. Nou in hierdie Erediens en elke keer as jy God se uitnoding aanvaar om die heilige nagmaal te ontvang.

En hoekom doen Hy dit? Sodat jy ook die pad vir die Here voorberei, want die Here kom met mag en sterkte. Amen.

Seën: Die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, bewaar julle harte en sinne in Christus Jesus. Amen