Skip to content Skip to footer

2de Advent

Wagwoord

Staan regop en lig julle kop op, want dan is julle verlossing naby!
– Lukas 21:28

Leesings

Sendbriewe – Jakobus 5: 7-11

Evangelies –  Lukas 21: 25-33

Lied van die week

Laudate 3: O Christenmense, wees verblyd

  1. O Christenmense, wees verblyd, want kyk, naby is nou die tyd dat God se Seun van ewigheid, ons Broer, verskyn in heerlikheid.

  2. Die laaste dag kom vinnig aan. Laat gou die tyd, o Heer, vergaan, laat nader kom die bruilofsfees; ons wil so graag reeds by U wees.

  3. U, Heer, sal uit die ewigheid kom in die volheid van die tyd, soos reeds gesien deur Daniel. Kom dan, o kom, Immanuel.
  4. Die duiwel wil ons uitoorlê, wil ons verslind, wil alles hê, ons liggaam, siel, ons goed en eer. Wil, Heer, die draak se aanslag weer.
  5. Kom, Heer, verhaas die laaste dag. Laat skyn u aangesig. Ons wag dat U sal kom in heerlikheid. Dan loof ons U in ewigheid.

Preek

Genade en vrede van Hom wat is, wat was en wat kom, ons Here en Verlosser, Jesus Christus. Amen.

Die Skriflesing vir die preek kom uit Lukas 21: 25-36 :

Jesus sê: “Daar sal tekens wees aan son, maan en sterre. Op aarde sal daar radeloosheid onder die volke wees uit angs vir die gebulder van die see en sy vloedgolwe. Die mense sal beswyk van vrees en spanning oor die dinge wat oor die hele wêreld aan die kom is, want die kragte van die hemelruim sal ontwrig word. En dan sal hulle die Seun van die mens met groot krag en majesteit op ʼn wolk sien kom. As hierdie dinge begin gebeur, staan dan regop en lig julle kop op, want dan is julle verlossing naby.” Toe vertel Hy hulle ʼn gelykenis: Let op die vyeboom en al die ander bome. Sodra julle sien dat hulle begin uitloop, weet julle vanself dat die somer al naby is. Net so moet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, weet dat die koninkryk van God naby is. Dit verseker Ek julle: Nog in die leeftyd van hierdie geslag sal al hierdie dinge gebeur. Die hemel en die aarde sal vergaan, maar my woorde nooit. Wees op julle hoede dat julle gees nie deur oormatige etery en drinkery en deur die sorge van die lewe afgestomp word nie en dat daardie dag julle nie onverhoeds soos ‘n vangnet oorval nie. Daardie dag sal skielik op al die bewoners van die hele aarde neerkom.

Gebed: Here, praat met ons deur U Woord. Laat ons luister soos dissipels luister. Amen.

Liewe broers en susters in Christus Jesus!

’n Paar jaar gelede het daar ’n berig in die koerant verskyn oor ’n jong brüse meisie, wat haarself en haar familie van ’n sekere dood gered het, omdat sy in die skool goed opgelet het. In die skool het haar onderwyseres aan die leerlinge verduidelijk, aan water voortekens ’n isoenami, daardie reuse golf, ontdek kan word. So gee die isoenami bv ’n waarskuwing voordat hy toeslaan: hy trek homself eers tot diep in die see terug, maak sy energie bymekaar en slaan dan met volle geweld op die land toe.

Die jong meisie het presies geluister toe haar onderwyseres dit verduidelijk het. Daarom kon sy ook die voortekens van ’n regte isoenami herken, toe sy met haar familie op die strand van Phuket vakansie gehou het. Sy het die oë oopgemaak, toe die see haarself diep teruggetrek het, baie dieper as ooit tevore. En sy het alarm gemaak. En die wonderlike aan hierdie ware verhaal is: die mense het na haar waarskuwing geluister, hulle het dadelik op die vlug geslaan. En so kon hierdie jong britse meisie haarself, haar familie en die ander vakansiegangers op daardie strand van Phuket van ’n sekere dood red.

Vandaq gee God se woord, soos ons dit in die evangelie van Lukas lees, ook vir ons ’n waarskuwingsteken. Dit noem die tekens, wat die einde van die wëreld sal voorafgaan. Weliswaar sal ons hierdie gebeure nie kan ontvlug nie, maar dit sal lonend wees om die oë oop te hou, sodat ons nie deur die einde van alle dinge verras word nie, maar daarop voorbereid is.

Liewe gemeente, die klein meisie by die strand van Phuket: het haar oë oopgehou, sy het haar kop opgelig toe die toenami op haar afgestorm het en sy het haar nie deur haar vrees laat onderkry nie. Dis presies waaroor ons vandaq wil praat:

Maak julle oë oop! Lig op julle koppe! Laat jullseself nie onderkry nie! Liewe gemeente, selfs al klink hierdie versocke nie dadelik soos ’n bemoediging nie, maar eerder soos ’n wagwoord, wil ons dit vandaq gebruik as ’n indeling vir ons preek: Maak julle oë oop! Lig julle koppe op! Laat jullseself nie onderkry nie!

  1. Maak oop julle oë ! Maar hoekom? Omdat daar iets is wat ons kan sien, iets wat vir ons almal se toekoms lewensbelangrik is. – Maar wat is dit?

“Dan sal daar tekens wees in die son en die maan en die sterre, en op die aarde sal die nasies beangs en verward wees oor die gedreun en hoë golwe van die see. 26 Mense sal flou val van vrees en vermoedens oor wat die wëreld gaan tref, want die kragte van die hemele sal geskud word.” (V 25-26)

Kan mens iets daarvan sien? Op die oog af nie veel nie. Maar dit kan ’n valse sekerheid wees. Die son sal nog ongeveer 5 miljoen jare in die hemelruim staan en skyn, soos wat sy nou skyn. Dis wat wetenskaplikes bereken het. Maar hierdie berekening is natuurlik sonder die Skepper van hemel en aarde gemaak.

Daar is weliswaar af en toe berigte wat paniek veroorsaak, soos dat daar in die nabye toekoms ’n komeet of ’n meteoriet ons planeet kan tref, waarmee alle lewe op aarde uitgewis kan word. Maar gelukkig het die voorspelling tot dusver nog nie ingetree nie.

En so lyk dit asof alles goed en wel is. Niks of min in die hemelruim dui daarop, dat dit, wat Christus hier aankondig, alreeds in die nabye toekoms gaan gebeur nie.

Maar – soos ons bo gesê het – hierdie vooruitskatting word sonder God gemaak. En dis ’n groot fout. Dit wat Christus hier aankondig, kan mos ook binne een dag of binne enkele ure gebeur. In die bybel word daar op verskeie plekke duidelijk gesê, dat die dag van die Here gaan kom soos ’n dief in die nag, m.a.w. so, dat mens dit nie kan bereken nie.

En daarom moet ons die oë oophou en oplettend waarmem, wat rondom ons aan die gebeur is. ‘n Paar weke gelede groot brande in Spanje en Portugal, vloede in ander lande, gletsers wat al hoe vinniger begin smelt, tsoenamis, hongersnood in Afrika, die Coronavirus, om nie eens te praat van die baie oorloë, korrupsie, sosiale en politieke onsekerheid oor die hele wèreld.

Al daardie gebeure is mos vir ons ’n teken hoe broos en verganklik die menslike lewe op aarde is. Dit wys vir ons hoe min ons self in beheer is van hierdie wèreld en hoe klein gebeurtenisse partykeer alreeds genoeg is om ons lewe heeltemal deurmekaar te bring en alles te ontwrig. Dis ook tekens waarmee God ons uit die verganklikheid van hierdie lewe terugroep en ons aan sy Seun Jesus Christus se wederkoms laat herinner. Ons hoef dus nie eens op besondere tekens aan son en maan en sterre te wag nie.

Soos wat die blare aan die borne die komende somer aankondig, so verkondig al die daaglikse gebeure vanoor die hele wèreld die koms van God se koninkryk, as ons slegs die oë geopen hou.

God wil mos, dat ons wakker en voorbereid is vir die dag, wanneer Hy ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gaan skep. Hy wil dat ons daardie dag nie paniekbevange tegemoet gaan nie, maar dat ons die koppe oplig en vol vertroue op die Een rig, wat te midde van die ontvrijging van die hemelse kragte by ons sy opwagting sal maak.

  1. En daarmee is ons alreeds by die tweede wagwoord – of laat ons eerder sé – by die tweede bemoediging, wat Christus vandag in hierdie bybelwoord vir ons gee: **Lig julle koppe op! **

Die Here Jesus sé dan: “Wanneer hierdie dinge begin gebeur, staan dan op en lig julle koppe, want julle bevryding is naby.” (V. 28)

Martin Luther het ter verduideliking van hierdie vers in een van sy preke ’n pragtige vergelyking gebruik, wat ek julle nie wil ontsé nie.

Hy vergelyk daarin die situasie van ’n Christen op die laaste oordeelsdag met die van ’n ridder, wat deur sy vyand gevange geneem en in die diepste onderaardse gevangenis van sy burg toegesluit is. Uit die gevangenis is daar vir hom geen uitkomkans nie en daar is ook geen verbinding na die buitewèreld toe nie.

Eendag hoor die gevangene nou ’n groot lawaai. Die burg, waarin hy homeslf bevind, beef en dreun van die skote en die rambokke van die beleërder. Die man in die gevangenis hoor hoe die mure bars en dele van die gebou inmekaarstort en hy raak paniekbevange. Hy dink, sy laaste uur het nou aangebreek.

Maar toe besef hy skielik: Dit wat daar aan die buitekant so ’n groot lawaai maak is mos nie nog ’n nuwe vyand nie, maar dis sy vriend, wat gekom het om hom te red. Dadelik word die vrees en die moedeloosheid deur die blydskap van die toekomstige bevryding weggejaag. En hoe harder die gedreun word, hoe meer seker word hy, dat sy verlossing naby is.

So, sê Martin Luther, is dit ook met die Christen op die laaste oordeelsdag. Wanneer als ontvriŋ word met ‘n gedreun en geskud en almal van vrees bewe, dan mag ons as Christene ons hoofde opriŋ en ons vriend Jesus Christus tegemoetkyk, wat ons uit die as en die puin van hierdie wëreld gaan uithaal en ons na sy koninkryk gaan bring.

Natuurlik, soos alle vergelykings, het ook hierdie vergelyking sy haakplek, want Jesus Christus kom mos nie om ons met wapens te bevry nie, maar met sy onweerstaanbare heerlikheid en met die kraŋ van sy bevrydende woord. Nogtans lyk dit asof hierdie vergelyking iets belangriks vir ons sê: naamlik dat Jesus Christus sterker is as al die magte van vernietiging, sterker ook as als wat ons bekommer.

Hemel en aarde sal weliswaar vergaan, maar sy woorde sal bly tot in ewigheid. Ons het Jesus se belofte dat Hy ons gaan red. Ja, Hy is alreeds op pad na ons toe. Hy kom. Dis Advent. Sy koms staan voor die deur.

Daarom: Liŋ op julle koppe! Ja, ons maŋ met opgehewe hoofde deur die lewe gaan. Wat ons ook al bedruk: Werksdruk, ouderdom, vrees vir die toekoms. Niks maŋ ons siŋ belemmer, dat ons die komende Here en sy nuwe wëreld tegemoetgaan. Nee, ons hoef nie ons koppe te laat hang nie, ons hoef nie moedeloos en vertwyfeld te wees nie: Ons verlossinŋ is naby.

Ja, liewe medechristen, wat Christus hier vir ons sê, maŋ ons letterlik gebruik as ‘n hulpmiddel vir ‘n liggaamsoefening: Laat ons dit gerus inoefen, om elke daŋ bewus na bo te kyk, ons koppe uit te strek na bo en hierdie woorde van die Here vir ons self op te sê: Staan regop en liŋ julle koppe op, want julle verlossinŋ is naby. (V. 28)
So baie dinge wat met ons in die alledaagse lewe gebeur, sal in ‘n ander liŋ verskyn, as ons dit bewus oefen om na bo en vorentoe te kyk.

  1. Maar wat staan ons te doen, solank Hy noŋ nie daar is nie. Die ridder in die gevangenis kon niks anders doen, as om geduldig te bly en te wag, totdat sy vriend ’n deurgang in die muur geslaan het. Is dit ook als, wat ons kan doen?
    Ek dink nie so nie, Christus gee ons mos aan die einde van ons bybelwoord ’n duidelike vernaning saam op die pad: Wees op julle hoede dat julle harte nie belas word deur oormatige gefuif en dronkenskap en die bekommernisse van die lewe, en daardie dag julle onverwags betrap soos ’n valstrik nie. (V 34)

Laat julleself nie onderkry nie! Dis hoe ons die derde wagwoord, die derde bemoediging vir hierdie preek genoem het. Jesus stel dit hier ’n bietjie anders. Hy sé: Wees op julle hoede dat julle harte nie belas word nie … En daarmee bedoel Hy die genietinge van die lewe aan die een kant (genotsug) en ons daaglikse sorge aan die ander kant. Maar wat het dit met mekaar te doen? Die een het mos met oorvloed te doen, die ander met tekort.

Maar albei het tog dieselfde wortel. Dit belewe ons mos dikwels aan ons eie liggame: As mens sorge het is mens geneig om meer te eet/drink of te koop as nodig en daarmee probeer ons onbewus om ons verlange na geluk en tevredenheid met verbruik te stil. En wie aan die ander kant gedurig voedsel, drank en ander verbruikersgoedere begeer, vrees mos in sy diepste wese, dat hy nooit genoeg gaan afkry nie.

Albei getuig eeter van ’n gebrek aan Godsvertroue of van ’n gevange-wees in die dinge van die wereld. Dis waarvoor Christus ons wil waarsku. Hy wil nie hê, dat ons onsself met hierdie dinge beswaar en daardeur laat onderkry nie en dan nie meer oop is vir God se verlossing en vir die dag, wanneer Hy weer kom.

Hemel en aarde sal tot ‘n einde kom, sé Christus mos heel duidelijk. En dan sal ons niks kan saamvat van dit, wat hier op aarde vir ons so belangrik is nie: geen kar, geen spaarrekening, geen plaas, geen slimfoon, geen klerekas. Daar sal niks van oorbly nie.

En daarom liewe gemeente, maak dit inderdaad sin, as ons in hierdie dae nie deur die verbruik van verganklike dinge meegesleur word nie, waartoe ons juis in hierdie dae voor kersfees opgesweep word. Maar dat ons hierdie tyd van Advent ook gebruik om onsself van al hierdie dwang vry te maak en ons op God te besin. Daarop, dat Hy in Jesus Christus na ons toe op pad is; en dat ons tyd neem en geleentheid maak, om ons op sy koms voor te berei.

Maar wat gaan dan bly, as hemel en aarde, as alles so vergaan? “Heme! en aarde sal tot ‘n einde kom, maar my woorde sal beslis nie tot ‘n einde kom nie.” së Christus. Al die boeke van die wëreld, al die voertuie, al die inligting wat op groot rekenaars gestoor is sal eendag verdwyn. Maar die woorde wat Christus gesë het, wat hy persoonlik aan ons toegespreek het, gaan bly. As alles, werklik alles verdwyn, dan sal die woorde nog steeds bly, wat Christus oor jou in die heilige Doop gespreek het, dan sal hierdie woorde jou dra en vashou – selfs deur al die onheil van ‘n verganklike wëreld.

As alles, werklik alles verdwyn, dan sal nog steeds bly bestaan, wat Christus in die nagmaal vir jou së: Wie my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, ja, diegene bly in my en Ek in hom. (Joh 6,55 ou vert)

Wanneer alles, werklik alles vergaan, dan sal siegs dit bestand hë, wat Christus ook vanoggend vir jou gesë het: Jou sondes is jou vergewe. Wie glo en hom laat doop, sal gered word. Mag God dit aan ons almal skenk, sodat die dag van sy wederkoms vir ons ‘n vrolike en ‘n gelukkige dag sal wees. Amen.

Seën: Die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, bewaar julle harte en sinne in Christus Jesus. Amen