Wagwoord
Ons pleit by U om ontferming, nie omdat ons regverdig is nie, maar op grond van u groot barmhartigheid.
– Daniël 9:18c
Leesings
Sendbriewe – 1 Korintiërs 9: 24-27
Evangelies – Matteus 20:1-16
Lied van die week
Laudate 290 : Die mens se heil kom van die Heer uit goedheid en genade.
- Die mens se heil kom van die Heer uit goedheid en genade. Die werke help ons nimmermeer. Geen deug genees ons skade. In Christus, onse Middelaar, is sonder wet geopenbaar geregtigheid en lewe.
- Gods heilge wet en sy gebod kon niemand onderhou nie. Nogtans ontbrand die toorn van God oor wie sy wet nie hou nie. Die vlees begeer steeds teen die Gees. Die Gees begeer weer teen die vlees. O ons ellend’ge mense!
- Bly nou die wet maar onvervuld, dan is die mens verlore. Toe word tot delging van ons skuld Gods Seun as mens gebore. Hy is die einde van die wet. Hy wil ons van Gods gramskap red wat ons tereg verdien het.
- Ons skuld word ons tans weens ons Heer nie langer toegereken. En nou moet elke Christen leer wat waar’ geloof beteken. Alleenlik dit: O liewe Heer, u dood gee my die lewe weer, daar U vir my betaal het.
- Ek neem dit sonder twyf’ling aan. U Woord kan nie bedrieg nie. “Geen mens hoef nou beskaamd te staan”, sê U wat nimmer lieg nie. “Wie in My glo en hom laat doop, vir hom staan nou die hemel oop en hy gaan nie verlore “
Preek
Die genade van ons Here Jesus Christus, die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees wees met julle almal. Amen.
Die Skriflesing vir die preek is die Evangelie uit Luk 17,7-10:
“Së nou een van julle het ‘n slaaf wat ploeg of vee oppas. Sal hy vir die slaaf së as hy van die veld af inkom: ‘Kom eet eers gou’? Natuurlik nie! Maar hy sal vir hom së: ‘Maak vir my iets klaar vir aandete. Sit dan jou voorskoot aan en kom bedien my terwyl ek eet en drink. Daarna kan jy self eet en drink.’ ‘n Slaaf wat sy opdrag uitgevoer het, word mos nie bedank nie, of hoe. So is dit ook met julle: as julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is, së dan: Ons is slave wat niks verdien nie. Ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.”
Gebed: Here, ons God! U het gekom om u wëreld uit alle verlorenheid te red. Ons bid U: Wys vir ons die plek in ons gemeente en die plek in u geliefde wëreld aan. Amen.
In Christus, liewe gemeente!
‘n Pastor vertel ‘n staaltjie uit sy kinderjare toe hulle in sy gemeente besluit het om die kerksaal noodgedwonge aan te bou. In besonder aan een dag kon hy hom nog goed herinner: Hy skryf: “Ek was destyds nege jaar oud. Toe staan die Dominee skielik voor ons huisdeur en së: ‘Mevrou, vandag het ‘n groot vrag teëls vir die dak aangekom en hulle het die teëls sommer op die kerkgrond gedomp. Die bakstene moet nog gestapel word voordat die reën kom. (Destyds was die stene mos nog nie in plastiek toegewikkel nie!)”
Die Dominee het natuurlik sy oog op my drie ouer broers gehad. Maar toe het hy bygevoeg: “Ja, en hierdie ou grote hier”, waarmee hy my as negejarige bedoel het “hy mag natuurlik ook saamkom. Ons benodig vandag elke hand!” Ek was belangrik, hulle het my nodig gehad. Ek kon saamwerk! Ek het gewerk in die reën totdat my vingers wonde gekry het. Dit was fantasties! Ek het dit tot vandag toe nie vergeet nie! Ek kan myself aan elke kleinigheid van hierdie inset herinner.” So skryf hierdie Pastor, wat later die biskop van sy kerk geword het.
Julle liewe St Paulusgemeente bou ook kerk, nie dat ons nou ‘n kompleet nuwe kerkgebou oprig nie, maar julle bou saam aan God se koninkryk. Julie word benodig om God se koninkryk in hierdie wëreld, in hierdie gemeente te bou. Dalk het ons juis om die rede die indruk verloor dat ons benodig word, omdat ons dikwels nie meer self aanpak nie. Ons huur iemand om die gras te sny, om die kerk en die saal vir ons skoon te maak, om die tuin vir ons mooi te maak.
Nee, ek wil nie daarmee së, dat ons dit nou anders moet doen nie. Die omstandighede deesdae het inderdaad verander, baie mense werk lang ure en ons is dankbaar vir alle hulp wat ons kry. Maar kan dit nie wees dat ons daardeur iets verloor as ons nie meer self aanpak nie?
Aan die ander kant is daar mos baie verskillende dienste in ons gemeente. Ons benodig nie slegs mense wat goed kan pleister en bou nie, maar ook diegene wat hul idees en kennis ten bate van die hele gemeente insti. Daar is mense wat musikale gawes het, maar ook diegene wat op ‘n praktiese manier kan hand bysit of wat dalk die volgende fondsinameling vir ons kan reël.
Ons het almal nodig wat met hul dankoffer tot die begroting van ons gemeente bydra, maar netso belangrik is almal wat gereeld die hande in gebed vou. So verschillend die mense in ons gemeente is, so verschillend lyk die verskeidenheid van gawes wat ons in ons gemeente kan aantref. Hoe lekker is dit om te mag weet: Ek word benodig! Ek mag saamwerk! Ek is belangrik!
Liewe gemeente, dis hoe ons hierdie gelykenis van Jesus oor die verdienste van die slaaf wil verstaan. Hierdie diens is iets wat vanselfsprekend was. Jesus vertel ‘n alledaagse verhaal in sy tyd, waar dit vanselfsprekend was, dat daar slave en cienaars van slave was. ‘n Boer het slave vir die werk op sy veld gebruik. In die destydse Israel is die slave as ‘n reël nie geslaan nie, hulle was goed versorg, maar hulle is nogtans soos onmondige kinders gebruik om die werk gedoen te kry.
Soos dit destyds die gebruik was moes die slave na die dag se take ook nog in die huis van die cienaar gaan werk. Dis was destyds vanselfsprekend.
Vandag is daar sekere wette in plek, wat die uitbuiting van werkers verhinder. Nogtans is dit ook vandag vanselfsprekend, dat ‘n werker sekere take as vanselfsprekend moet verrig. Kom ons vertaal die gelykenis in ons tyd:
Kom ons neem aan, jy is in beheer van ‘n bouplek en jy het ‘n medewerker, wat die sement meng of die kruiwa stoot. Sal jy teen twee uur se kant vir hom së: “Gaan huistoe en maak vir jou ‘n lekker gemaklike namiddag?” Is dit nie eerder so, dat jy vir hom sal së: “Bring die hout, die planke moet nog vandaq vasteslaan word. Eers daarna kan jy ontspan?”
Së jy ekstra vir die handlanger ‘dankie’, omdat hy tot vyfuur gebly het? – So is dit ook met julle: as julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is, së dan: Ons is handlangers wat niks verdien nie. Ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.”
Of së nou maar jy is ‘n huisvrou en jy het ‘n werkster, wat jou elke vrydaq voormiddag help om die huis skoon te maak. Sou jy teen elf uur vir haar së: “Gaan huistoe en gaan eet!” Is dit nie eerder so, dat jy sal së: “Die badkamer en die toilet is nog nie skoongemaak nie, hulle moet nog voor die middagete skoon word.” En sal jy dan ekstra vir die werkster ‘dankie’ së, omdat sy tot twaalfuur agtergebly het? – So is dit ook met julle: as julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is, së dan: Ons is medewerkers wat niks verdien nie. Ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.”
Liewe gemeente, die Here Jesus së met hierdie gelykenis, dat daar in God se koninkryk geen plek vir verdienste is nie. Iets wat vanselfsprekend gedoen moet word, moet vanselfsprekend geskied, sonder dat ons met die een oog skeel of ons in besonder daarvoor bedank word of iets daarmee verdien nie. Dit sou tog absurd wees, as ‘n slaaf van sy etenaar verwag om bedank te word vir iets, wat hy veronderstel was om te doen. Wie God vertrou en Hom liefhet, wie besef, dat hy alles aan God te danke het, die sal vanselfsprekend doen, wat God wil, sonder om ‘n besondere beloning of ‘n dankie te verwag.
Jesus praat dus oor die diens in kerk en gemeente wat vanselfsprekend behoort te geskied, sonder dat ons in besonder daarvoor bedank of beloon word. En daar is wonderlike voorbeelde van mense in ons gemeente, wat hul hele lewe lank vir ander geleef het, wat hulself vir ander en vir God se koninkryk geoffer het.
‘n Diakones wat haar hele lewe lank as gemeentesuster die mense gedien het, is eenkeer gevra of dit nie ‘n bietjie vervelig of eensaam is nie? Sy het geantwoord: “Nee wat! Ons diakonesse het ‘n ouerhuis, ons het ‘n moederhuis en in die hemel het ons ‘n vaderhuis!” Die vriendelike gesig met die vele plooie van baie jare se diens en toewyding is ‘n voorbeeld daarvoor, dat diens in God se koninkryk mooi en vervullend kan wees.
Maar liewe gemeente, die gelykenis van Jesus het ook ‘n ander kant, iets wat nie so maklik is om te verteer nie. En julle ken dalk ook die ander kant van die gelykenis. En daarom vertel ek nou ‘n teenoorgestelde gelykenis:
“Sy was die ma van vier kinders. Haar man het by ‘n prokureursfirma gewerk. Een of ander tyd het sy weer begin werk, ‘n halwe dag as verpleegster. As sy huis toe gekom het, het sy al die huiswerk as vanselfsprekend beskou, omdat sy mos net ‘n halwe dag gewerk het. Die jongste kind het baie van haar tyd met sy huiswerk in beslag geneem en die half-dag-werk het al hoe langer begin word, namate hulle haar as vanselfsprekend beskou het.
En as haar man in die aand huistoe gekom het, dan moes sy attraktief lyk, dan moes sy vrolik en ontspanne op die probleme en behoeftes van haar man reageer.
Dit het ‘n rukkie goed gegaan, totdat haar ma siek geword en by haar in die huis ingetrek het. Vanuit ‘n christelike oogpunt was dit vir haar duidelijk, dat mens vir jou ouers moet sorg, het sy gedink. Dit het eers daarmee begin, dat sy nie meer lekker kon slaap nie, nie meer kon ontspan nie. Selfs die halwe glas wyn in die aand het nie meer gewerk nie, totdat sy heeltemal inmekaar gesak het.
“So is dit ook met julle: as julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is, së dan: Ons is slave wat niks verdien nie. Ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.”
Liewe gemeente, dit is ‘n teenoorgestelde gelykenis, omdat dit ook waar is, dat ‘n mens, wat op die lange duur sonder waardering en sonder dank moet werk en sonder die uitsig op verbetering van sy werksomstandighede, sick word. As ‘n kind op lange duur geen waardering of aanmoediging van sy ouers of onderwysers ontvang nie, dan sal dit nie gemotiveer wees om te presteer nie, ja selfs ons hande en katte het liefde nodig, anders word hulle aggressief en onberekenbaar.
Dit geld ook in die kerk. As medewerkers en helpers net gedurig moet werk sonder ‘n blyk van dank of waardering, dan sal hulle hierdie diens baie vinnig weer laat vaar. As daar aan die Pastore onrealistiese verwagtinge gestel word, sonder dat daar ‘n einde in sig is nie, dan kan ook hulle sick word.
Maar wat is eintlik ons houding teenoor dankbaarheid in die kerk? Is dit gepas om al die gemeentelede te bedank, wat ‘n taak in die gemeente aanvaar het?
Is dit nie vanselfsprekend, dat mens ook iets vir die gemeente moet doen nie! Soos ons gelykenis dit vir ons së? Ja, en wie behoort ons dan te bedank en wie nie? Want hoe maklik is dit nie om iemand oor die hoof te sien, wat dan beledig reageer!
Is dit dus beter om niemand te bedank nie, sodat ons niks verkeerd doen nie. Maar is dit regtig ‘n oplossing?
Liewe gemeente, ons gelykenis wil ons nie verbied om ‘n medechristen vir sy insette in ‘n gemeente te bedank nie? En daarom wil ek ook hierdie geleentheid gebruik. Liewe medewerkers van ons gemeente! Julie insette in ons gemeente vat baie van julle tyd en energie. Vir hierdie insette bedank ek julle van harte! Julie diens is baie belangrik en word opreg waardeer. En ek hoop julle kry vandag nuwe krag en nuwe moed vir julle diens as God se medewerkers! En ‘n geestelike inspuiting om ook nuwe take te aanvaar.
Maar hoe pas hierdie twee gelykenisse bymekaar? Was Jesus dan verkeerd met die gelykenis van die slaaf wat geen reg op verdienste of bedanking het nie? Geensins. Die sleutel tot hierdie gelykenis lè in die die cienaar, in die boer wat slave in diens geneem het. Want die cienaar, die boer in God se koninkryk, in die kerk, is mos niemand anders nie as Jesus Christus self.
Jesus is die cienaar, wat later ‘n handdoek omgebind en sy dissipels se stowverige sweet-voete gewas het – dit was die werk van ‘n slaaf.
Jesus is die cienaar, wat vir sy dissipels ‘n tafel gedek het, wat nog ryker is as enige feesmaaltyd in hierdie wëreld.
Jesus is die cienaar, wat nie gehuiwer het om sy lewe vir die slave op die spel te plaas, wat self aan die houtkruis gehang en daar gehyg en verstik het.
Jesus is die cienaar, wat aan sy slave die koninkryk van die hemele met sy opstanding geskenk het. Ons dien hierdie Here en niemand anders nie.
Dis wat ons moet begyp as dit oor ons diens in ons kerk, in ons gemeente gaan. Julie dien nie in die eerste plek die Pastor of die gemeente of julleself nie. Julie dien die Here Christus.
As ons hierdie diens dikbek en met ‘n gekla en ‘n gemor doen, dan geld hierdie klaery teenoor die Here Jesus Christus. As ons aan die ander kant ons diens met vreugde en dankbaarheid aanpak, dan geld hierdie vreugde en hierdie dankbaarheid die Here Jesus Christus.
Ons vaders in die geloof het gesë: “n Christenmens dien nie vir God om bedank te word nie, maar uit dankbaarheid.” En die leuse van die diakonesse op die vraag, wat hulle verdien, was en is: “My beloning is, dat ek mag dien.” Hierdie ingesteldheid wys, dat hulle nie dien om beloon of bedank te word nie. Hier word gedien ter wille van die diens.
En nou is die vraag op water kant staan jy? Is jy nog eerder afwesig, staan jy aan die kant en wag om genooi te word om die Here te dien. Dan nooi ek jou uit om jou idees in te bring as ons oor take in ons gemeente besin, as ons bv. ons kapelvergroting beplan, dan nooi ek jou om saam te dien in die koor van ons gemeente, as jy van sang hou, dan nooi ek jou om saam te help wanneer tee gemaak word, skoon gemaak word en by al die ander take in ons gemeente.
Dis lekker, dis ‘n voorreg om in ons gemeente hierdie Here te mag dien, Jesus Christus. Hier het jy geleentheid om Hom vir sy liefde te bedank.
En as jy aan die ander kant staan, as jy moeg geword het van al die werk, as jy min waardering ontvang, dan wil die Here Jesus Christus jou vandag weer dien. Hy wil jou help. Hy hoef niks meer te doen om jou plek in die gemeente, jou plek in God se koninkryk te verdien nie. Jy is deel van God se koninkryk, omdat Jesus jou liefhet, omdat Hy jou deur die doop in sy koninkryk opgeneem het, omdat jy sy kind is.
Hierdie Jesus wil jou vandag weer aan tafel dien. Hy wil jou sterk maak en jou nuwe krag gee. En jy hoef net iets te sê en ek is seker daar is mense, wat jou sal bystaan. En ook vir jou geld hierdie uitnodiging: Kom na My toe almal wat uitgeput, moeg en oorlaai is, Ek sal vir julle rus gee. Kom na My tafel, sê die Here. Hier mag jy rus en versterking vind in die nabyheid en in die teenwoordigheid van die Here Jesus. Amen.
Gebed: Here, help ons besef watter groot voorreg dit is om U in u gemeente te mag dien, nie om verdienste nie, maar uit dankbaarheid vir u groot liefde. Amen.
Seën: Die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, bewaar julle harte en sinne in Christus Jesus. Amen